Thursday, 29 September 2011

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 1


ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 1



Die geskiedenis van die Amerikaanse Quarter Horse begin heel verstaanbaar in die Amerikaanse beeswêreld van Texas in 1843, met die geboorte van ‘n afstammeling van die uitstaande Renperd, Sir Archy, genaamd Star Dust.

Cowboys wie Longhorns in die Texas beesroetes aangejaag het, het gou die uitmuntende nageslag van hierdie uitmuntende hings, wat bekend geraak het as die “Stteldusts”, ontdek. Hierdie perde was goed gespierd, het klein ore en ‘n swaar kakebeen gehad, met onvergelykbare spoed oor ‘n kwartmyl. Steel Dust en sy nageslag was verantwoordelik vir die ontstaan en verspreiding van die populariteit van die nuwe ras wat later bekend geraak het as die Amerikaanse Quarter Horse.       

Maar die oorsprong van die Quarter Horse begin in Koloniale Amerika, toe die eerste Amerikaners met Engelse perde, wat hulle deur die week op die plase gebruik het, in hul vrye tyd resies gejaag het.

Die Koloniale boere van die Karolinas en Virginia het gou ‘n vinniger ponie, wat deur die Chickasaw Indiane geteel was, wat hulle van die vroeë Spaanse ontdekkers en koloniste bekom het, ontdek. Hierdie ponies was afstammelinge van ‘n kruising van die Noord Afrikaanse perde, wat gevolg het op die Spaanse inval deur die More, wat in 710 begin het. Cortez het gedurende die Spaanse oorwinning van Mexiko op hierdie ponies gery, sowel as Coronado toe hy na die goue stede van die Amerikaanse Suidweste gesoek het.

Deur hierdie Spaanse Barbs met die Koloniste se Engelse perde te kruis selfs sedert 1611, het die Koloniste die “Gevierde Amerikaanse Quarter Running Horse” ontwikkel. Die “Quarter” verwys na die afstand van ‘n kwartmyl, die afstand van ‘n wedren wat dikwels in klein dorpies in Koloniale Amerika plaasgevind het.

Terselfdertyd was ‘n hings, die Godolphin Arabian, na Engeland ingevoer in 1728. Hy was een van die stamvaders van die moderne Thoroughbred (die ander twee was die Darley Arabian en die Burley Turk), wat vir ‘n omwenteling in Engelse wedrenne gesorg het.  

Geïnspireer deur hierdie vier-myl renperde, het Joseph Randolph ‘n kleinseun van die Godolphin Arabian met die naam Janus, in 1752 ingevoer. Toe Janus met die Koloniale merries wat afstammelinge van die Chickasaw perde was, gepaar word, het dit die prototipe van die Amerikaanse Quarter Horse geproduseer. Die nageslag van Janus en die Amerikaanse perde het geweldige spoed gehad, en hulle het hierdie eienskap aan hul nageslag oorgedra vir baie geslagte. Hieride perde was kompak en sterk gebou. 

LEES HIERDIE EN MEER INTERESSANTE EN LEERSAME ARTIKELS

Monday, 19 September 2011

ARABIERE - DIE MEES PROMINENTE BLOEDLYNE


MEES PROMINENTE BLOEDLYNE


 Die Bedouin plaas geweldige klem op suiwerheid van bloed. Baie stamme besit slegs een bloedlyn. Die vyf basiese families staan bekend as “Al Khamsa”, en wanneer hulle suiwer geteel word, het hulle sekere identifiseerbare karaktertrekke ontwikkel. 

Die Kehilan lyn: bekend vir diepte van die bors, spieragtige krag en grootte (tot 15 hand). Kort koppe met breë voorkoppe, goeie wydte tussen die kake. Meestal skimmel en vos.

Die Seglawi bloedlyn: meer verfynd met fyner bene, lang gesigte en nekke, met ‘n meer vroulike voorkoms. Vinnig, maar hulle kort die uithouvermoë van ander lyne. Tipiese hoogte 14.2 hand. Oorwegend skimmel.



Abeyan: Soos die Seglawi, was hulle verfynd met langer rugte as die tipiese Arabier. Hulle was klein, skimmel, en met meer wit merke as ander lyne.

Hamdani: As minder karaktervol gereken, maar atleties en manlike, growwe beenstruktuur. Reguit profiel, kort uitstaande Jibbah (uitstaande voorkoppe). Tot 15.2 hande hoog. Dikwels skimmel en bruin met swart stert en maanhare (bay).



Habdan: Kleiner weergawe van Hamdani. Manlike raamwerk. Gemiddelde hoogte 14.3 hande. Meestal bruin (bay) of gewone bruin met min wit.

Hierdie bloedlyne was later volgens die lande van oorsprong vernoem.

Alle opreggeteelde Arabierperde gaan terug na hul oorspronklike woestynoorsprong. Die Crabbet Stoetery van Mnr. en Lady Ann Blunt, en later hul dogter, Judith Blunt Lytton (welbekend as Lady Wentworth) het baie gedoen om die Arabierperd wêreldwyd te bevorder. Die Blunts het hul perde uit opreggeteelde woestynaanteel geselekteer. Onder Lady Wentworth se bestuur het die Crabbet stoetery sy hoogtepunt bereik. Haar prominente stoetvaer, Skowronek, het drie van die beroemdste vaers in die geskiedenis van die ras geteel: Raseyn, Raffles en Naseem.



Lady Wentworth het ‘n sterk invloed gehad op die CMK Arabiere. ‘n CMK Arabier moet aan drie maatstawwe voldoen:

Moet 75% afkomstig wees van CMK oorsprong
Moet ‘n onderste vaderlyn na ‘n CMK oorsprong hê
Moet ‘n onderste moederlyn hê wat CMK gevestig was in Noord Amerika teen 1950.

Die CMK oorsprong sluit in:
Crabbet teling, perde ingevoer deur Kellogg en Brown, Davenport Arabiere en spesiale gevalle (Draper’s Spanish Arabians)

Woestynperde se stamboom kan teruggewerk word tot by die oorspronklike woestyn stamme. Homer Davenport se Arabiere word beskou as die grootste groep woestyngeteelde Arabiere wat vandag bestaan. Woestyn Arabiere moet nie met Egiptiese Arabiere, wat vandag gesog is as skouperde,  verwar word nie. 

Lees meer leersame en interessante artikels op http://www.perdewereld.net/ws/artikels/


Saturday, 17 September 2011

DIE VERSTOMMENDE SAALPERD

DIE VERSTOMMENDE SAALPERD
MOONTLIK DIE MOOISTE RAS IN DIE GESKIEDENIS (EN NA BAIE MENSE SE MENING, DIE MOOSITE DIER WAT OOIT DEUR GOD GESKAPE IS), MAAR DIE SAALPERD SE VEELSYDIGHEID EN NUTTIGHEID WORD DIKWELS MISGEKYK.
Aangesien die bestes van die ras bekend is in die skoubaan, dra die Saalperd (onbilliklik) die etiket van ‘n ras wat net deur die mees professionele afrigters afgerig en vertoon kan word.
Die waarheid is. Feitlik al hierdie perde (‘n rowwe skatting van 90 %) van hierdie opwindende perde is net so geskik (en meer intelligent) as meeste ander rasse. Min rasse is so sensitief vir afrigting, en afrigters wie met Saalperde bekend is kom selde met ander rasse reg. Die rede waarom hierdie perde die indruk van “wilde opwinding” skep, is omdat hulle in staat is om die die mees opwindende indruk van alle rasse te skep wanneer dit van hulle gevra word. Ten spyte hiervan is hulle die van mees aanpasbare van alle perderasse  
Daar is feitlik geen doel wat die Saalperd nie kan dien nie, afhangend van die manier wat dit afgerig is. En ten soyte daarvan dat dit een van die mooiste rasse is wat ooit bestaan het, maak die intelligensie en aagename temperament van hierdie ras dit amper uniek.
Hieridie foto’s gee aan die leser ‘n dwarssnit van die vele funksies waaraan die Saalperd kan aanpas.

A ‘N PRAGTIGE SAALPERD VAN HOË GEHALTE WORD DEUR ‘N KLEIN DOGTERTJIE HANTEER, WAT DIE RAS SE UITNEMENDE PEMPERAMENT WEERSPIEËL.

TE DANKE AAN DIE RAS SE UITNEMENDE MOOIHEID, NATUURLIKE BEWEGING EN UITSTEKENDE TEMPERAMENT, IS DIE SAALPERD ‘N UITSTEKENDE DRESSEERPERD. AS DRESSEERPERD SKEP DIT ‘N BEELD WAARMEE MIN ANDER KAN VERGELYK.

MOONTLIK DIE HOOGTEPUNT VAN MOOIHEID IN DIE TUIG, EN DAAROM KAN MIN RASSE, INDIEN ENIGE, MET DIE PRENTJIE VAN DIE SAALPERD IN DIE TUIG VERGELYK. TEN SPYTE DAARVAN IS HULLE GEDISSIPLINEERD EN GEDRA HULLE HULSELF GOED AS GEVOLG VAN HUL NATUURLIKE TEMPERAMENT.

DIT IS NIE MOEILIK OM UIT TE VIND HOEKOM BAIE PERDEMENSE VERLIEF IS OP HIERDIE PRAGTIGE RAS NIE.

DRIEGANG. KAN SY MOOIHEID GE-EWENAAR WORD?


TE DANKE AAN SY INTELLIGENSIE EN MAK GEAARDHEID IS DIE SAALPERD ‘N UITSTEKENDE PLESIERPERD.

‘N KOMBINASIE VAN MOOIHEID, TEMPERAMENT EN AANPASBAARHEID – IN SY ROL AS TOERTJIEPERD

SELFS WESTERN – EN STEEDS UTISTAANDE IN HIERDIE ROL

DIE MEES BEKENDE ROL VAN DIE SAALPERD – DIE HOOGTEPUNT VAN DIE PERDEWÊRELD: DIE VYFGANG SAALPERD. MOONTLLIK DIE MEES OPWINDENDE PERD IN DIE GESKIEDENIS. AAN HULLE WIE MET HIERDIE RAS BEKEND IS, IS SY OPWINDENDE VERTONING ONVERGELYKBAAR.

PRAGTIG, OPWINDEND, MAAR GESKIK VIR ‘N DAME. ‘N ONVERGELYKBARE KOMBINASIE VAN MAKHEID EN MOOIHEID. STEL JOU VOOR WATTER GENOT HIERDIE DAME DAARUIT KRY OM SO ‘N UNIEKE DIER TE DRYF NIE.


SAALPERDE MAAK OOK UITSTEKENDE SPRINGPERDE
KAN ENIGE ANDER RAS MET DIE SAALPERD VERGELYK VIR MOOIHEID, VEELSYDIGHEID, OPWINDENDE VERTONING, TEMPERAMENT.
KAN ‘N MENS  SY EIENAARS KWALIK NEEM DAT HULLE HOM DIE HOOGTEPUNT VAN PERDE NOEM?

LEES MEER INTERESSANTE EN LEERSAME ARTIKELS OOR DIE PERDEBEDRYF 

Thursday, 15 September 2011

ONTWIKKELING VAN ARABIERE IN ANDER LANDE


ONTWIKKELING VAN ARABIERE IN ANDER LANDE



FRANKRYK: Arabierteling het vroeg in die 20ste. eeu begin met die invoer van woestynperde. Aangesien hulle meestal vir wedrenne geteel is, het hulle die verfyning en tipe van die Crabbet perde gekort. Franse perde het ‘n merkwaardige rol gespeel in die ontwikkeling van die Arabierras in Rusland en Pole.



POLE: Het suiwer Arabiere ingevoer om ‘n Arabier stoetplaas te stig. Oorspronklik meestal uit die Kehilian en Segwali lyne om die Arabier “tipe”, mooiheid en verfyndheid te teel. Pole se suiwergeteelde Arabiere dateer uit die dae van die “Amber Trail”, die deurgang tussen die Swart en Baltiese See. Poolse teling het altyd atletiese vermoë beklemtoon, en Pole beweeg steeds in daardie rigting.

RUSLAND: Baie bande met die Poolse Arabiere. Die eerste Russies-geteelde invoere na die V.S.A. en Kanada was as Pools beskou, omdat hulle uit Pole ingevoer was, hoewel hulle in Rusland gebore is. Russiese teling konsentreer op Poolse en Crabbet lyne, en voeg Egiptiese en Franse bloedlyne by. Die Poolse toevoeging stam hoofsaaklik uit twaalf Poolse Arabierhingste en twee en veertig merries wat na Rusland geneem is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

SPANJE: Gestig meestal uit woestyn-geteelde, Poolse en Crabbet invoere, met onlangse toevoegings van ‘n paar Egiptiese lyne. Spaanse Arabiere was hoofsaaklik deur en vir die Spaanse koninklikes geteel, en later deur private en militêre stoeterye. Die Amerikaner, Joseph Draper van Kalifornië het eers vier Spaanse merries en ‘n hings ingevoer in 1934, en in 1960 die Spaanse Arabier herontdek.

Rasse wat ‘n groot persentasie van hul oorsprong kan terugvoer na die Arabier, is die Volbloed (afkomstig van die invoer van die Godolphin Arabian, Darley Arabian en Burley Turk tussen 1683 en 1730), die Russiese Orlov Trotter, die Franse Percheron, Amerikaanse Morgan en Trotter. Arabier bloedlyne word ook gevind in Paints, Appaloosas, Quarter Horses, Warmbloods, Saalperde en Kaapse Boerperde.

Te danke aan hul mooiheid, intelligensie en uithouvermoë, was Arabiere gesogte ryperde van Wêreldleiers soos Napoleon, George Washington, Genghis Khan en Alexander die Grote.

Verwysings na die Arabierperd:
Works Cited
"Arabian Horses Spread to Europe." 5 April 1998. Available:
http://www.arabianhorseamerica.com/history/spread.html
"The Arabian Horse Today." 5 April 1998: Available:
http://www.arabianhorseamerica.com/history/today.html
Byford, et al. "Origination of the Arabian Breed." 6 April 1998. Available:
http://www.net-link.net/frontier/Explorehome.html
"History and Heritage of the Arabian Horse." 5 April 1998. Available:
http://www.arabianhorseamerica.com/history/index.html
"The History of the Arabian Horse." 3 April 1998. Available:
http://nzhorses.co.nz/
"International Arabian Horse Association." 3 March 1998. Available:
http://www.horse-previews.com/
"Introduction of Arabian Horses to North America." 5 April 1998. Available:
http://www.arabianhorseamerica.com/history/intro.html
"Origins of the Arabian Horse." 5 April 1998. Available:
http://www.arabianhorseamerica.com/history/origin.html
"Registry Mission Statement." 30 April 1998. Available:
http://www.theregistry.org/mission/
Whitman, Susan. "Legend and Reality of Blue Star Arabians." 28 March 1998. Available:
http://www.preservationist.com/
Whitman, Susan. "Bedouin Source." 3 April 1998. Available:
http://www.preservationist.com/

Lees meer interessante artikels op http://www.perdewereld.net/ws/artikels/