Sunday, 30 October 2011

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 4

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 4



Die eerste man wie die Quarter Horse as ‘n ras bestempel het, was William Anson, ‘n Polospeler wie tussen goeie perde grootgeword het en in Engeland gebore was. Hy het op 21 jarige ouderdom na Amerika gekom, en ‘n beesplaas naby Christoval, Texas, gestig. Anson was aangetrokke tot die vinnige, bekwame beesperde waaraan hy voorgestel was, en hy het baie perde aan die Britse Regering verkoop om in die Boere Oorlog te gebruik. Dit het hom blootstelling gegee aan baie uitstaande perde regoor Texas, en het hom in staat gestel om ‘n groep uitstaande merries bymekaar te maak vir sy eie stoetery.

Samuel Watkins, ‘n Renperdteler van die Little Grove Stock Farm in Illinois, was ook instrumenteel in die ontwikkeling van die ras. Baie Texas tellers het hulle fondasie perde van Watkins gekoop. Bekende perde soos Harmon Baker, Hickory Bill en die gevierde Peter McCue, het almal van Little Grove Stock Farm gekom.

Coke T. Roberds, ‘n Texas cowboy wie inCalorado grootgeword het, het begin om perde te teel in Wes Oklahoma ongeveer in 1848. Hy het begin met ‘n groep Steel Dust merries, en hulle gepaar emt sy hings, Old Fred, wat teruggegaan het na Steel Dust en Shiloh. Roberds het genome dat Old Fred ‘n renpoerd voortgebring het selfs al sou jy hom met ‘n treintrok paar. Roberds was ook die laste eienaar van die uitmuntende Peter McClue.

Blake Casement, Adams, Clegg, Watkins en Roberds, asook ‘n paar ander manne wie dieselfde gedink het, het die ras deur en deur geken. Hulle het amper ‘n bonatuurlike kennis van die inherente eienskappe van die beste bloedlyne gehad. Hulle het evrtroue in en toewyding tot die “Stardusts” gehad wat tot die stigting van die American Quarter Horse Association gelei het. 

LEES MEER INTERESSANTE ARTIKELS OP 

Monday, 10 October 2011

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 3

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 3



Kwartmyl wedrenne was uiters gewild in die Weste, en die Quarter Horse het oor ‘n kwartmyl  uitgeblink. 

Maar dit was ewe geskik vir die ontwikkeling van beesplase, met Texas as die dominante staat.

Steel Dust het in 1844 in Texas beland, en Shiloh in 1849. Shiloh se seun, Billy, uit ‘n dogter van Steel Dust, kan die stamvader van die Texas Quarter Horse genoem word. Quarter Horses het die gunsteling ryperd van die cowboys geword om beeste mee bymekaar te maak, en om hulle na die Kansas spoorlyn aan te jag, langs die Chisholm Trail. Wedrenne in die beesdorpe, soos Dodge City en Abilene, se strate, het vermaak vir die cowboys se lewens verskaf.

Steel Dust se wedrenoorwinnings was welbekend regoor die land, en sy nageslag, die Steeldusts, was die cowboys se gunsteling ryperde. 

Gedurende dieselfde tyd dat beesboerdery regoor die Great Plains gevestig geraak het, het die vroeër beesboere die waarde van die Quarter Horse besef, en hulle suiwer gehou, selfs voordat daar ‘n stoetregister of formele stamboek was.

Manne soos Coke Blake het ‘n lewe gewy om die Cold Deck stam ven Steel Dust en Billy perde te verbeter. Sy beste perd was die Cold Deck kleinseun, Tubal Cain. Blake perde het regdeur die beeswêreld bekend geraak. 

Dan Casement van Kansas en Calorado, wie se stamperd ‘n afstammeling van die Billy lyn met die naam Concho Colonel, was, wat teruggegaan het na Star Dust en Shiloh, het die “Bulldog” tipe Quarter Horse bevorder, en deur sy welsprekendheid en standvastige toewyding was hy instrumenteel in die stigting van die American Quarter Horse Association.

In Texas het Ott Adams en George Clegg, beide ondersteuners van spoed in die Quarter Horse, ‘n aansienlike bydrae gemaak tot die ontwikkeling van die Quarter Horse. Clegg het Old Sorrel, die stamvader van die King Ranch Quarter Horses, geteel.

LEES MEER INSIGGEWENDE EN LEERSAME ARTIKELS 

Tuesday, 4 October 2011

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 2



Terwyl die Janus bloedlyn die kwartmylperde ontwikkel het, was ‘n groep Koloniale perdetelers besig om die Amerikaanse renperd te ontwikkel deur middel van Britse invoere, soos Fearnought. 

Na die Amerikaanse Revolusie was die welgestelde nuwe geslag Amerikaanse landhere in die Ooste meer aangetrokke tot die fyner, vaartbelynde langafstand perde, en langafstand renbane en versorgde teelplase het ontwikkel.

Die pioniers wie gehunker het na pionierslewe het Weswaarts geterk, en hulle het ‘n stewige perd nodig gehad wat die hele week kon werk en oor naweke aan wedrenne kon deelneem. Die Quarter Horse het dus ‘n tuiste in Texas, die Midwest en die Great Plains gevind.

Sir Archy, ‘n seun van die ingevoerde Diomed, gebore in 1805, het ‘n sterk invloed op die vroeër Quarter Horse gehad. Die nageslag van Sir Archy het oor die volgende halfeeu ‘n groot invloed op die ontwikkeling van die Quarter Horse gehad. Een van sy seuns, Copper Bottom, is na Texas gebring deur Generaal Sam Houston. Beide Steel Dust en Shiloh, die stamvaders van die modern Quarter Horse, was afstammelinge van Sir Archy. Printer en Tiger was twee ander hingste wat ‘n merkwaardige bydrae tot die moderne Quarter Horse gemaak het. 

Die finale bestanddeel wat die Amerikaanse Quarter Horse tot gevolg gehad het, was afstammelinge van die Barbs wat die Spaanse setlaars, evangeliste en ontdekkers met hulle saamgebring het. Hierdie perde het vrylik rondgehardloop in die area wes van die Mississippi Rivier. Hulle het bekend geraak as die Mustangs. Hulle het die Indiane van die Plains in staat gestel om die mees gesoute stryders te perd in die geskiedenis te word.

Toe hierdie Mustangs met die nageslag van Janus, Sir Archy, Printer en Tiger gepaar is, het hulle die basterweelde voorsien om die unieke Amerikaanse Quarter Horse te produseer. Die Mustang het die finale bestanddeel van stamina voorsien.

Hierdie perde het die fisiese krag, stamina, spoed en temperament gehad wat deur die vroeër Buffeljagters en beesboere van die Rio Grande tot by Alberta benodig was.

Deel 3 volg.

LEES HIERDIE ARTIKEL EN BAIE ANDER OP PERDEWÊRELD