Monday, 19 September 2011

ARABIERE - DIE MEES PROMINENTE BLOEDLYNE


MEES PROMINENTE BLOEDLYNE


 Die Bedouin plaas geweldige klem op suiwerheid van bloed. Baie stamme besit slegs een bloedlyn. Die vyf basiese families staan bekend as “Al Khamsa”, en wanneer hulle suiwer geteel word, het hulle sekere identifiseerbare karaktertrekke ontwikkel. 

Die Kehilan lyn: bekend vir diepte van die bors, spieragtige krag en grootte (tot 15 hand). Kort koppe met breë voorkoppe, goeie wydte tussen die kake. Meestal skimmel en vos.

Die Seglawi bloedlyn: meer verfynd met fyner bene, lang gesigte en nekke, met ‘n meer vroulike voorkoms. Vinnig, maar hulle kort die uithouvermoë van ander lyne. Tipiese hoogte 14.2 hand. Oorwegend skimmel.



Abeyan: Soos die Seglawi, was hulle verfynd met langer rugte as die tipiese Arabier. Hulle was klein, skimmel, en met meer wit merke as ander lyne.

Hamdani: As minder karaktervol gereken, maar atleties en manlike, growwe beenstruktuur. Reguit profiel, kort uitstaande Jibbah (uitstaande voorkoppe). Tot 15.2 hande hoog. Dikwels skimmel en bruin met swart stert en maanhare (bay).



Habdan: Kleiner weergawe van Hamdani. Manlike raamwerk. Gemiddelde hoogte 14.3 hande. Meestal bruin (bay) of gewone bruin met min wit.

Hierdie bloedlyne was later volgens die lande van oorsprong vernoem.

Alle opreggeteelde Arabierperde gaan terug na hul oorspronklike woestynoorsprong. Die Crabbet Stoetery van Mnr. en Lady Ann Blunt, en later hul dogter, Judith Blunt Lytton (welbekend as Lady Wentworth) het baie gedoen om die Arabierperd wêreldwyd te bevorder. Die Blunts het hul perde uit opreggeteelde woestynaanteel geselekteer. Onder Lady Wentworth se bestuur het die Crabbet stoetery sy hoogtepunt bereik. Haar prominente stoetvaer, Skowronek, het drie van die beroemdste vaers in die geskiedenis van die ras geteel: Raseyn, Raffles en Naseem.



Lady Wentworth het ‘n sterk invloed gehad op die CMK Arabiere. ‘n CMK Arabier moet aan drie maatstawwe voldoen:

Moet 75% afkomstig wees van CMK oorsprong
Moet ‘n onderste vaderlyn na ‘n CMK oorsprong hê
Moet ‘n onderste moederlyn hê wat CMK gevestig was in Noord Amerika teen 1950.

Die CMK oorsprong sluit in:
Crabbet teling, perde ingevoer deur Kellogg en Brown, Davenport Arabiere en spesiale gevalle (Draper’s Spanish Arabians)

Woestynperde se stamboom kan teruggewerk word tot by die oorspronklike woestyn stamme. Homer Davenport se Arabiere word beskou as die grootste groep woestyngeteelde Arabiere wat vandag bestaan. Woestyn Arabiere moet nie met Egiptiese Arabiere, wat vandag gesog is as skouperde,  verwar word nie. 

Lees meer leersame en interessante artikels op http://www.perdewereld.net/ws/artikels/


No comments:

Post a Comment