ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 1
Die geskiedenis van die Amerikaanse Quarter Horse begin heel verstaanbaar in die Amerikaanse beeswêreld van Texas in 1843, met die geboorte van ‘n afstammeling van die uitstaande Renperd, Sir Archy, genaamd Star Dust.
Cowboys wie Longhorns in die Texas beesroetes aangejaag het, het gou die uitmuntende nageslag van hierdie uitmuntende hings, wat bekend geraak het as die “Stteldusts”, ontdek. Hierdie perde was goed gespierd, het klein ore en ‘n swaar kakebeen gehad, met onvergelykbare spoed oor ‘n kwartmyl. Steel Dust en sy nageslag was verantwoordelik vir die ontstaan en verspreiding van die populariteit van die nuwe ras wat later bekend geraak het as die Amerikaanse Quarter Horse.
Maar die oorsprong van die Quarter Horse begin in Koloniale Amerika, toe die eerste Amerikaners met Engelse perde, wat hulle deur die week op die plase gebruik het, in hul vrye tyd resies gejaag het.
Die Koloniale boere van die Karolinas en Virginia het gou ‘n vinniger ponie, wat deur die Chickasaw Indiane geteel was, wat hulle van die vroeë Spaanse ontdekkers en koloniste bekom het, ontdek. Hierdie ponies was afstammelinge van ‘n kruising van die Noord Afrikaanse perde, wat gevolg het op die Spaanse inval deur die More, wat in 710 begin het. Cortez het gedurende die Spaanse oorwinning van Mexiko op hierdie ponies gery, sowel as Coronado toe hy na die goue stede van die Amerikaanse Suidweste gesoek het.
Deur hierdie Spaanse Barbs met die Koloniste se Engelse perde te kruis selfs sedert 1611, het die Koloniste die “Gevierde Amerikaanse Quarter Running Horse” ontwikkel. Die “Quarter” verwys na die afstand van ‘n kwartmyl, die afstand van ‘n wedren wat dikwels in klein dorpies in Koloniale Amerika plaasgevind het.
Terselfdertyd was ‘n hings, die Godolphin Arabian, na Engeland ingevoer in 1728. Hy was een van die stamvaders van die moderne Thoroughbred (die ander twee was die Darley Arabian en die Burley Turk), wat vir ‘n omwenteling in Engelse wedrenne gesorg het.
Geïnspireer deur hierdie vier-myl renperde, het Joseph Randolph ‘n kleinseun van die Godolphin Arabian met die naam Janus, in 1752 ingevoer. Toe Janus met die Koloniale merries wat afstammelinge van die Chickasaw perde was, gepaar word, het dit die prototipe van die Amerikaanse Quarter Horse geproduseer. Die nageslag van Janus en die Amerikaanse perde het geweldige spoed gehad, en hulle het hierdie eienskap aan hul nageslag oorgedra vir baie geslagte. Hieride perde was kompak en sterk gebou.
LEES HIERDIE EN MEER INTERESSANTE EN LEERSAME ARTIKELS

No comments:
Post a Comment