Monday, 10 October 2011

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 3

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 3



Kwartmyl wedrenne was uiters gewild in die Weste, en die Quarter Horse het oor ‘n kwartmyl  uitgeblink. 

Maar dit was ewe geskik vir die ontwikkeling van beesplase, met Texas as die dominante staat.

Steel Dust het in 1844 in Texas beland, en Shiloh in 1849. Shiloh se seun, Billy, uit ‘n dogter van Steel Dust, kan die stamvader van die Texas Quarter Horse genoem word. Quarter Horses het die gunsteling ryperd van die cowboys geword om beeste mee bymekaar te maak, en om hulle na die Kansas spoorlyn aan te jag, langs die Chisholm Trail. Wedrenne in die beesdorpe, soos Dodge City en Abilene, se strate, het vermaak vir die cowboys se lewens verskaf.

Steel Dust se wedrenoorwinnings was welbekend regoor die land, en sy nageslag, die Steeldusts, was die cowboys se gunsteling ryperde. 

Gedurende dieselfde tyd dat beesboerdery regoor die Great Plains gevestig geraak het, het die vroeër beesboere die waarde van die Quarter Horse besef, en hulle suiwer gehou, selfs voordat daar ‘n stoetregister of formele stamboek was.

Manne soos Coke Blake het ‘n lewe gewy om die Cold Deck stam ven Steel Dust en Billy perde te verbeter. Sy beste perd was die Cold Deck kleinseun, Tubal Cain. Blake perde het regdeur die beeswêreld bekend geraak. 

Dan Casement van Kansas en Calorado, wie se stamperd ‘n afstammeling van die Billy lyn met die naam Concho Colonel, was, wat teruggegaan het na Star Dust en Shiloh, het die “Bulldog” tipe Quarter Horse bevorder, en deur sy welsprekendheid en standvastige toewyding was hy instrumenteel in die stigting van die American Quarter Horse Association.

In Texas het Ott Adams en George Clegg, beide ondersteuners van spoed in die Quarter Horse, ‘n aansienlike bydrae gemaak tot die ontwikkeling van die Quarter Horse. Clegg het Old Sorrel, die stamvader van die King Ranch Quarter Horses, geteel.

LEES MEER INSIGGEWENDE EN LEERSAME ARTIKELS 

No comments:

Post a Comment