Tuesday, 4 October 2011

ROMANTIESE GESKIEDENIS VAN DIE AMERIKAANSE QUARTER HORSE DEEL 2



Terwyl die Janus bloedlyn die kwartmylperde ontwikkel het, was ‘n groep Koloniale perdetelers besig om die Amerikaanse renperd te ontwikkel deur middel van Britse invoere, soos Fearnought. 

Na die Amerikaanse Revolusie was die welgestelde nuwe geslag Amerikaanse landhere in die Ooste meer aangetrokke tot die fyner, vaartbelynde langafstand perde, en langafstand renbane en versorgde teelplase het ontwikkel.

Die pioniers wie gehunker het na pionierslewe het Weswaarts geterk, en hulle het ‘n stewige perd nodig gehad wat die hele week kon werk en oor naweke aan wedrenne kon deelneem. Die Quarter Horse het dus ‘n tuiste in Texas, die Midwest en die Great Plains gevind.

Sir Archy, ‘n seun van die ingevoerde Diomed, gebore in 1805, het ‘n sterk invloed op die vroeër Quarter Horse gehad. Die nageslag van Sir Archy het oor die volgende halfeeu ‘n groot invloed op die ontwikkeling van die Quarter Horse gehad. Een van sy seuns, Copper Bottom, is na Texas gebring deur Generaal Sam Houston. Beide Steel Dust en Shiloh, die stamvaders van die modern Quarter Horse, was afstammelinge van Sir Archy. Printer en Tiger was twee ander hingste wat ‘n merkwaardige bydrae tot die moderne Quarter Horse gemaak het. 

Die finale bestanddeel wat die Amerikaanse Quarter Horse tot gevolg gehad het, was afstammelinge van die Barbs wat die Spaanse setlaars, evangeliste en ontdekkers met hulle saamgebring het. Hierdie perde het vrylik rondgehardloop in die area wes van die Mississippi Rivier. Hulle het bekend geraak as die Mustangs. Hulle het die Indiane van die Plains in staat gestel om die mees gesoute stryders te perd in die geskiedenis te word.

Toe hierdie Mustangs met die nageslag van Janus, Sir Archy, Printer en Tiger gepaar is, het hulle die basterweelde voorsien om die unieke Amerikaanse Quarter Horse te produseer. Die Mustang het die finale bestanddeel van stamina voorsien.

Hierdie perde het die fisiese krag, stamina, spoed en temperament gehad wat deur die vroeër Buffeljagters en beesboere van die Rio Grande tot by Alberta benodig was.

Deel 3 volg.

LEES HIERDIE ARTIKEL EN BAIE ANDER OP PERDEWÊRELD

No comments:

Post a Comment