Wednesday, 14 September 2011

ANTIEKE GESKIEDENIS VAN DIE ARABIERPERD


Die Arabier, die oudste opreggeteelde perderas ter wêreld, was as ‘n gawe van God beskou deur die Bedouin gemeenskap. Die ras het sy ontstaan gehad in die gebied wat nou bekendstaan as Sirië, Iran, Irak en die Arabiese Skiereiland.

Arabier is ‘n Joodse word wat woestyn of woestynbewoner beteken. Die bloedlyn van die Arabierperd gaan vyf duisend jaar terug, en hoewel vandag ietwat groter, is die moderne Arabier baie soortgelyk aan die oorspronkilke perd.

Die spesifieke karaktertrekke van die Arabier het almal besondere betekenis vir die Arabiernasie. Dit word geglo dat die groot voorkop Alla se seëninge bevat, die hoë stert is ‘n simbool van trots, terwyl die gekromde nek en hoë kam moed simboliseer. Die ingeduikte profile, groot prominente oë, groot neusgate en fyn bek is kenmerkende eienskappe. Die breë bors, kort, sterk rug en skuins skouer verleen aan hom krag en ‘n vloeiende beweging.

Die ras kom voor as bruin met swart onderbene, maanhare en stert (bays), wit, skimmel en selde swart. Die normale hoogte is tussen 14.1 en 15.2 hande hoog en hul weeg van 800 tot 1000 pond (360 tot 455 kg.) wanneer volgroeid.

‘n Goeie, liefdevolle temperament en liefde vir mense maak dit maklik om ‘n verhouding met hulle te ontwikkel. Inherente gehardheid verleen aan hulle besondere stamina en maak hulle ‘n populêre keuse vir uithouritte. Hul goeie temperament maak hulle baie geskik vir terapeutiese rykuns.



Die Arabier het essensieel vir die Bedouin mense geword, en teen 1500 Voor Christus was die Arabier volkome makgemaak. Bedouin leiers was so vertroud met die geskiedenis van hul perde soos wat hulle met hul eie verbale geskiedenis was. Hulle het staatgemaak op die spoed, uithouvermoë en ratsheid van die Arabierperd in oorlogvoering, wat hulle in staat gestel het om die vyand se skape, kamele en bokke te roof. Merries was meer gesog vir hierdie tipe oorlogvoering (Ghazu), omdat, anders as hingste, hulle nie runnik wanneer hulle ander perde (die vyand s’n) sien nie, en sodoende die vyand waarsku van die aankomende aanval. 

Anders as die meeste ander rasse, word die merries hoër aangeslaan deur die Bedouin as die hingste. Die uitmuntende merries het uitnemende moed getoon in stryd.

In antieke wedrenne het die wenner die beste perde van die verloorder se kudde ontvang. Wanneer ‘n merrie as ‘n geskenk gegee was, het die ontvanger dit as ‘n besondere eer beskou.

Ongeveer 3,500 jaar gelede het die bevolikings van Egipte begin meng met die beskawings van Mesapotamië. Die Egiptiese Ryk het Arabierperde met hul spoed, uithouvermoë en gehardheid nodig gehad om sy grense te bereik en om die uitgebreide gebied te regeer.

Teen die tyd van Mohammed en aan die begin van Islam teen ongeveer 600 N.C. het die Arabiere en hul perde versprei na die Midde Ooste, Noord Afrika en Sjina. Die Arabierperd het ook begin versprei na Europa. Deur Mohammed se aanmoediging aan Bedouin krygers om lief te wees vir hul perde, het die Bedouin en hul perde feitlik onoorwinlik geword.

In 868 het Ahmad Ibin Tulin, ‘n Mameluke, oor Egipte regeer en tot 1798, toe Napoleon die Mamelukes oorwin het, het die Mamelukes intense aandag aan die teling van top stoetperde gegee. In 1798, toe Napoleon die Mamelukes oorwin het, het hierdie perde met hul pragtige houding en snorkery Napoleon betower. Toe die Franse weggaan, was Egipte onder die heerskappy van die Albanees, Mohammed die Grote, wie een van die beste Arabierstoeterye van alle tye gestig het.  

Lees meer interessante en leersame artikels op die webblad "PERDEWÊRELD" http://www.perdewereld.net/ws/ deur op "ARTIKELS" te kliek.  

Wednesday, 7 September 2011

ARABIERE VERSPREI REGOOR DIE WÊRELD

ARABIERE VERSPREI REGOOR DIE WÊRELD



Die beroemdheid van die vinnige, elegante perde het begin versprei regoor Europa, Asië, en tot in Noord Amerika. Die Turke van die Ottoman Ryk het Arabierperde aan Europese leiers as geskenke gegee. Die invloei van Arabierbloed in die inheemse Europese perde, het gelei tot ‘n ligter gevegsperd. Dit was nie meer nodig om ‘n besonder sterk gevegsperd te hê nie, aangesien gewere die swaar krygstuig vervang het.

In 1725 het Nathan Harrison van Virginië die eerste Arabierhings na Amerika ingevoer. Tussen 1853 en 1856 het A.Keene Richard, die eerste noemenswaardige Arabierteler in Amerika, verskeie hingste en merries vir stoetteling ingevoer, maar hy het alles in die Amerikaanse burgeroorlog verloor. Die invoer van Arabierperde is hervat na ‘n paar decades, maar hierdie keer het hulle gekom om te bly. In 1873 het die Sultan van Turkye, Abdul Hamid 2, twee opreggeteelde Arabierhingste, Leopard en Lindentree, aan Genl. Ulysses Grant geskenk gedurende sy besoek aan die Midde Ooste.

Leopard het die eiedom van Randolph Huntington geword, en hy het daarna nog twee hingste en twee merries vanaf Engeland ingevoer in 1888. Dit was die eerste opreggeteelde Arabierstoetery in Amerika. In 1893, tydens die World’s Fair in Chicago, het die populariteit van die Arabierperd baie toegeneem deurdat Turkye vyf en veertig opreggeteelde Arabiere vertoon het. Op daardie stadium het invoere van Arabierperde na die V.S.A. toegeneem, aangesien vooraanstaande Amerikaners hulle aangeskaf het om hul eie telerye op te gradeer. In 1906 het Pres. Teddy Rooseveldt vir Homer Davenport geborg om sewe en twintig Arabiere in te voer na Boston. Dit het die stigting van die Davenport Arabiere beteken.   

Die volgende noemenswaardige invoere het ook tydens daardie periode plaasgevind:

1898 – 1911
20 invoere deur Spencer Borden (Interlachen Stoetery)
1918 – 1932
W.R.Brown: 20 vanaf Engeland, 6 vanaf Frankryk, 7 vanaf Egipte
1926 en 1927
W.K.Kellogg: 17 vanaf Crabbett Stoetery (Engeland)
1928 en 1931
Roger Selby (Selby Stoetery): vanaf Crabbett Stoetery
1930 en 1931
Albert Harris: vanaf Egipte en twee vanaf Engeland
1934
Joseph Draper: vyf vanaf Spanje
1940’s en 1950’s
Invoere het afgeneem
1957
Lady Wentworth sterwe; uitverkoping van Crabbet Stoetery. Invoere neem toe.

Teen die einde van die 1950’s was Arabierperd Stoeterye reeds goed gevestig in Amerika en oor die wêreld.

Op 2 September 1908 is die Arabian Horse Club of America, Inc. in New York gestig. Na baie naamsveranderinge het die register finaal in Calorado gevestig as die Arabian Horse Registry of America (AHRA).

1909: Stamboek Register amptelik deur Departement van Landbou erken. Daar was 71 perde en 11 eienaars op hierdie stadium.

Op 31 Maart 1950 is die International Arabian Horse Association gestig om die Arabierperd 
aktiwiteite dwarsoor die wêreld te bevorder en te ko-ordineer.

In 1970 is die World Arabian Horse Organization (WAHO) gestig om as ‘n internasioanle spreekbuis vir die register en aktiwiteite van alle klubs regoor die wêreld te voorsien.

ANDER KLUBS
Arabian Jockey Club: toegewyd aan arabierperd resies.



Bedouin Source: ‘n groep wat fokus op perde waarvan die geslagsregister teruggeneem kan word in elke bloedlyn tot by die Bedouin perdetelers stamme van die woestyn.

Die Bedouin was altyd baie streng met betrekking tot die rasegtheid van hul perde, en hoewel daar geen geskrewe rekords was nie, het hulle verbaal die teling uit geheue van een geslag na die ander oorvertel. Aangesien die Arabier as ‘n geskenk van Alla beskou is, is rasegtheid van soveel belang vir die Bedouin dat, sou ‘n merrie per ongeluk met ‘n “Kadish” hings van buite paar, was sy beskou as “vir ewig besoedel”, en kon sy nooit weer ‘n rasegte vul produseer nie.

Deur voorkeur merries met selektiewe hingste te paar, het die Bedouin sekere stamme ontwikkel, dikwels vernoem na die stam of sjiek wie hulle geteel het. Anders as met ander rasse, word families volgens die merrielyn opgespoor (bewys van die prominensie van die merrie in hul teelbeleid).

Ander woestyntipes wat ontstaan het, soos die “Barbs” en die “Turks” van Noord Afrika en die buitewyke van die woestyn, was nooit deur die Bedouin vir teling in aanmerkin geneem nie.

In 1976 is ‘n permanente bloedtiperingsprogram vir hingste in die lewe geroep deur die Arabian Horse Registry of America, en sedert 1991 word bloedtipering van beide ouers, sowel as die vul, vereis vir die registrasie van volbloedvullens.

Andersyds is die World Arabian Horse Society meer buigsaam en laat perde met twyfelagtige teling toe in hul registers. Dit het tot dispuut tussen die AHRA en WAHO en telers wêreldwyd, gelei. 

Lees hierdie en ander opvoedkundige en interressante artikels op

Thursday, 11 August 2011

DIE GESKIEDENIS VAN DIE MERKWAARDIGE S.A.VLAAMPERD
Die S.A. Vlaamperd is ‘n S.A. geteelde perd.   Dit staan ook nie in Engels bekend as “Flemish” nie, dit bly die S.A. Vlaam horse.

Die ontwikkeling het reeds in die vroeë 1900 begin uit Frieshingste wat uit Holland deur die hawe Antwerpen, Vlaandere, ingevoer was. Dit is ook waar die naam vandaan kom. Ons Vlaamperde is glad nie verwant aan die Belgiese “Flemish” nie.  Verskeie ander Rasse wat in S.A. was, van daardie tyd en die Frieshingste wat ingevoer is, het die basis van die Vlaamperd gevorm.

Die Vlaamperd Telersgenootskap is eers in 1983 gestig, waarna die perde by S.A. Stamboek opgeteken is.  Die Genootskap is nog baie klein, omdat die perde nie goed bemark was nie. In die laaste vyf jaar, het ons getalle in perde en lede verdubbel. Op die oomblik is daar maar plus minus 200 aangetekende perde en ongeveer 35 lede binne die Genootskap.

Die Vlaamperd is ‘n veeldoelige, lae onderhoudsperd van medium grootte met ‘n uitstekende temperament.   Op die oomblik word hulle hoofsaaklik as karperde gebruik, maar is ook uitstekende ryperde.   Die enkeles wat ook in die dresseerkringe beweeg, vaar ook baie goed.

Die Vlaamperde word 3-gang gery, trek Siertuig, Enkeltuig, Tandem, Dubbeltuig , spanne  van vier  en spanne van agt.

Ons perde se temperament is seker ons grootste bate.  Op skoue kan gesien word hoe dames hingste hanteer.

Kom besoek ons by die Nasionale Kampioenskappe op Moorreesburg van 7 – 11 September 2011.

VLAAM MARE 1970'S VLAAM MARE 2011
VLAAM MERRIE 1970'S MODERNE VLAAM MERRIE 2011

VLAAM 4 IN HAND VLAAM SINGLE HARNESS
VIER PERDESPAN ENKELTUIG

 

Saturday, 25 June 2011

SADDLEBRED VIDEOS

Sien opwindende videos oor Saalperde deur Richfield Videos. Hope om van te kies, so ver terug as Louisville 1984. Kry link by http://www.perdewereld.net/ws/videos/